GREEN

aristonorganic

Cyathea Australis Cyathea Australis

Green

Healing properties: Green is the color of Nature and the earth. It is balance and harmony in essence and possesses a soothing influence upon both mind and body. It is neither relaxing nor astringent in its impact.  Green can be used for just about any condition in need of healing.
Green rings psychological and emotional harmony and balance.
Green links with and stimulates the heart chakra. Green affects blood pressure and all conditions of the heart. It has both an energizing effect and a moderating or soothing effect.
It cures hormonal imbalances. Stimulates growth hormone and rejuvenation. Cleans and purifies from germs, bacteria and rotting material. Harmonizes the digestion, stomach, liver, gall. Has a healing effect on kidneys. Increases immunity. Builds up muscles, bones and tissues. Stimulates inner peace. Strengthens the nervous system.
Esoteric/magickal: Elemental earth (dark green) and elemental water (blue-green). Nature, fertility, growth, rejuvenation…

View original post 101 more words

Advertisements

Extreme Weather – State of Arizona, Phoenix : A massive,unseasonably early, haboob swept through Phoenix on Tuesday, lingering above the Arizona capital for hours

Family Survival Protocol - Microcosm News

Earth Watch Report  –  Extreme Weather

…..

March 26 2014 07:00 AM Extreme Weather USA State of Arizona, Phoenix Damage level Details

…..

RSOE EDIS

Extreme Weather in USA on Wednesday, 26 March, 2014 at 07:00 (07:00 AM) UTC.

Description
A massive haboob swept through Phoenix on Tuesday, lingering above the Arizona capital for hours and creating an eyesore for residents. The dust storm picked up as a result of the showers and thunderstorms that popped around the state, with gusty outflow winds raising the elements. With another area of low pressure swinging a cold front in tomorrow, weather experts say another storm is likely. Arizona is no stranger to large dust storms, or haboobs, during the summer monsoon period, but meteorologists say Tuesday’s storm is unseasonably early. The National Weather Service…

View original post 467 more words

Volcano Eruption – Ecuador, Andes, [Reventador volcano]

Family Survival Protocol - Microcosm News

Earth Watch Report  –  Volcanic Activity

 Reventador webcam (IG)
Reventador webcam (IG) (refresh rate: 30 s)

…..

RSOE EDIS

Volcano Eruption Ecuador Andes, [Reventador volcano] Damage level Details

…..

Volcano Eruption in Ecuador on Thursday, 27 March, 2014 at 04:08 (04:08 AM) UTC.

Description
The volcano has entered a new eruptive phase since yesterday, Ecuador’s Institute of Geophysics (IGP) reported. Starting from 15:00 local time yesterday, increasing tremor was registered and steady ash emissions were observed. At night, incandescent blocks could be seen and heard rolling down from the crater where probably a new lava dome has started to appear. Small pyroclastic flows descended on the eastern, southeastern and southern flanks of the volcano, probably as a result of re-mobilization of fresh lava and tephra deposits. These so-called secondary pyroclastic flows reached lengths of 500 m below the summit. IGP assumes the most likely scenario for the evolution of the new eruptive episode is that…

View original post 248 more words

Pannekoek

Pannekoek (x12) – deur: Gerhardus

Bestanddele

1. 500ml Koekmeelblom
2. 10ml Bakpoeier
3. 7ml Sout
4. 125ml Kookolie
5. 2 Eiers
6. 850ml Melk of Water (water werk baie beter vir my)

Metode

1. Sif al die droe bestanddele saam.
2. Klits die eiers, olie en water (of melk).
3. Roer die droe bestanddele by en meng deeglik.
4. Laat mengsel staan vir +/- 1uur (maar ek kan nooit wag nie so ek begin dadelik)
5. Bak in pan wat met olie gesmeer is.

Vitamiene deur jou kos

Verkry al jou minerale en vitamienes in groente en vrugte so in:

VITAMINE A
Artisjokke, broccoli, geelwortels, Chinese kool, krulkool, rooi soetrissies, spinasie, sprietuie, patats, waterkres.

VITAMINE B1 
Amandels, aspersies, bruinrys, knoffel, kelp (seewier), lensies, aartappels, sojabone en –produkte, koringkiem.

VITAMINE B2 
Beet, lensies, kanariesaad, sampioene, rog, sesamesaad, sojabone, en –produkte, sonneblomsaad, koring

VITAMINE B12
Kaas, eiers, vleis, melk, oesters, lewer, seegroente.

VITAMINE C
Aspersies, beet, wortellowwe, vrugte, soetrissies, groen blaargroente (broccoli), krulkool, waterkers.

VITAMINE D
Gedroogde vis, vars groente, sonlig (dit is die beste bron van hierdie vitamine).

VITAMINE E
Boontjies, bruinrys en alle volgraan-ontbytkosse, geelwortels, seldery, preie, neute, pietersielie, patats.

VITAMINE F
Plantaardige olies (insluitend sesam- en olyfolie)

VITAMINE K
Bruinrys, kool, pietersielie, hierdie vitamine word ook deur ingewandsflora vervaardig.

KALSIUM
Broccoli, Chinese kool, tofu, pietersielie, sardientjies, spinasie, sesamsaad, kaas, seegroente, spinasie, melk, jogurt, sonneblom-/papawersaad.

MAGNESIUM
Beet, kool, lensies, seegroente, spinasie, sojabone en –produkte, waterkers.

FOSFOR
Artisjokke, boontjies, broccoli, knoffel, sampioene, neute, seegroente, volgraan-ontbytkos.

KALIUM
Artisjokke, bamboeslote, beet, broccoli, botterskorsie, kool, blomkool, seldery, droëvrugte, knoffel, neute, pietersielie, witwortel, aartappel, pampoen, seegroente, sojabone en –produkte, spinasie.

YSTER
Boontjies, bruinrys, krulkool, spinasie, pietersielie, preie, seegroente, sesamsaad, sprietuie, die gebruik van gietysterpotte.

JODIUM
Groen blaargroente, seegroente.

NATRIUM
Beet, seldery, droëvrugte, groenmielies, seesout, komkommerpiekels, radyslowwe, seesout, seegroente.

Die regte kos

Die regte kos – wat jy moet weet..!!

JOU liggaam het kos vir energie nodig om te beweeg, beskadigde selle en weefsel te herstel, infeksie te beveg en te groei. Daar is vyf hoofgroepe voedingstowwe: proteïene, koolhidrate, vette, minerale en vitamiene.

Proteïene word gevind in vleis, vis, kaas, eiers, bone en lensies. Dit bou weefsels en hou dit in stand en herstel dit. Proteïene wat ensieme genoem word, versnel chemiese reaksies in die selle. ’n Proteïen genaamd hemoglobien vervoer suurstof van die longe af na die liggaamsweefsels.
Aartappels 

Koolhidrate kom van graankos soos brood, asook aartappels, pasta, rys, piesangs, suikers, vrugte en blaargroente. Hul belangrikste funksie is om energie te verskaf.
Botter of margarien § Vette kom voor in sowel dier- as plantprodukte, veral rooi vleis, botter, melk, visolies, eiers, plantolies, neute en margarien. Hulle is ’n uitstekende bron van voedselenergie. Jou liggaam het ook vet nodig om dit teen hitteverlies te isoleer en om sekere organe soos die oë teen beserings te beskerm. Sekere dieetkundiges sê dis wensliker om die onversadigde vette in groente te gebruik as die versadigde vette in dierprodukte.
Rosyntjies met druiwe daaragter 

Minerale sluit in kalsium, magnesium en fosfor, wat noodsaaklik is vir die bene en tande. Kalsium is nodig om bloed te laat stol en dit kom van melk, melkprodukte en groen groente. Yster vervoer suurstof in die bloed en is nodig vir die behoorlike funksionering van die selle en spiere. Lewer, spinasie en rosyntjies is goeie bronne van yster.

Veselkosse § Vesel is daardie deel van die kos wat jy nie kan verteer nie. Dit is egter nodig vir jou ingewande om hul werk te doen. Dit sorg dat die voedingstowwe maklik deur die ingewande beweeg sodat dit geabsorbeer kan word. Veselryke voedselsoorte is groen en geel groente, vrugte, bruin rys, bone, lensies, volkoring en semels. ’n Gebrek aan vesel veroorsaak hardlywigheid, wat tot ingewandsiektes kan lei.

Kraan en glas water § Water is geen voedingstof nie, maar dit is noodsaaklik om te lewe. Die voedingstowwe in die kos wat jy eet, moet in water na die verskillende dele van jou liggaam vervoer word. Die chemiese reaksies wat voedingstowwe in jou liggaam in energie omskakel, kan slegs in water plaasvind. Jou liggaam het ook water nodig om afvalstowwe weg te voer.
Lemoene 

Daar is dertien vitamiene, waarvan vyf deur jou liggaam self vervaardig word. Vitamiene word in verskeie soorte kos gevind, veral groente en vrugte. Maar watter vitamiene kry ons meestal in welke voedsels en watter kwale kan deur ’n tekort aan elk veroorsaak word? In die volgende lysie word die vitamien se naam telkens in vet letters aangedui, die kosse in gewone letters en die siektes tussen hakies in kursiewe vet letters:

Vitamien A, wat nodig is vir goeie sig en gesonde tande en beendere, kom voor in vislewerolie, lewer, eiergeel, melk, botter, room, palmolie, patats en geel en groen groente, veral spinasie en broccoli. (Tekort veroorsaak nagblindheid; verdroging en verdikking van die oogbindvlies, wat tot blindheid kan lei; vel en slymvliese raak droog en skubberig. Kan ook ontwikkeling van siektes soos masels en malaria bevorder, asook diarree.)

Die vitamien B-kompleks bestaan uit verskillende water-oplosbare vitamiene. Van die belangrikstes is:
• Vitamien B: Droë suurdeeg, volgraan, vleis, peulgewasse (boont]ies, ertjies, ens.), aartappels. (Berrie-berrie, ’n siekte van veral die rysetende Oosterlinge – die naam kom van die Singalees “beri”, wat swakheid beteken.)
• Vitamien B2: Melk, lewer, vleis, eiers. (Inflammasie van en seervorming aan die vel, mond, oë en geslagsdele.)
• Niasien: Dieselfde voedsels wat vitamien B bevat. (Pellagra, waar die vel aangetas word soos met kwaai sonbrand, gepaard met verlies aan eetlus, hoofpyne en geïrriteerdheid.)
• Vitamien B6: Lewer, niere, droë brouersgis, volkoringbrood, graangewasse, eiers, vleis, vis. (Tekort veroorsaak geirriteerdheid en stuipe by babas.)

• Vitamien C, wat sterk beendere en tande bevorder en vir weefselmetabolisme nodig is, is te kry in sitrusvrugte, tamaties, rou kopkool, spruitkool, aartappels, aarbeie en, trouens, alle vars vrugte en groente. (Tekort veroorsaak skeurbuik, wat eenmaal so algemeen was onder matrose. Mense ontwikkel byvoorbeeld ’n vitamien C-tekort wanneer hulle slegs kosse soos roosterbrood, biltong en ingelegde groente eet en tee drink.)

• Vitamien D (die “sonskyn-vitamien”): Word in die vel geproduseer deur die ultraviolet strale van die son, vislewerolie. (Tekort veroorsaak ragitis, ’n kindersiekte wat die beendere aantas. ’n Tekort aan vitamien D word ook geassosieer met die vatbaarheid vir siektes soos tuberkulose, kanker, hoë bloeddruk, sklerose, chroniese pyn, depressie en skisofrenie.)

• Vitamien E: Plantaardige olies, koringkiem. blaargroente, eiergeel, peulgewasse (boontjies, ertjies, ens.) (Vroeë aftakeling van rooi bloedselle.)

• Vitamien K: Groen blaargroente. (Trae stolling van die bloed en soms kwaai bloeding.)

fudge

Kondensmelk fudge – Rhea Scheepers

400g suiker 
45ml water
55ml botter 
30ml gouestroop
1 blik kondensmelk 
1 tl vanielje 

Meng die suiker en water in ‘n swaarboomkastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Maak seker dat daar geen suikerkristalle teen die kant van die kastrol vassit nie. Indien dit wel gebeur, borsel dit af met ‘n kwassie wat in warm water gedoop is.
Voeg die botter en gouestroop by die suikerwater en roer dit totdat die botter gesmelt is. Voeg die kondensmelk by die mengsel en roer dit aanhoudend totdat dit kookpunt bereik. 
Kook die mengsel ongeveer 25 min lank tot by die sagtebalstadium. Roer dit af en toe om aanbrand te voorkom. 
Laat die mengsel afkoel totdat dit louwarm is en voeg die vanieljegeursel by. Klop die mengsel totdat dit dik en romerig is. Giet die suikermengsel in ‘n gesmeerde pannetjie. 
Hou die kastrol skuins sodat die mengsel vrylik kan uitloop. Moet nie skud of die mengsel uitskraap nie, want dan kan dit versuiker. Laat die suiker mengsel in die pannetjie afkoel voordat dit in blokkies gesny word.