Die regte kos

Die regte kos – wat jy moet weet..!!

JOU liggaam het kos vir energie nodig om te beweeg, beskadigde selle en weefsel te herstel, infeksie te beveg en te groei. Daar is vyf hoofgroepe voedingstowwe: proteïene, koolhidrate, vette, minerale en vitamiene.

Proteïene word gevind in vleis, vis, kaas, eiers, bone en lensies. Dit bou weefsels en hou dit in stand en herstel dit. Proteïene wat ensieme genoem word, versnel chemiese reaksies in die selle. ’n Proteïen genaamd hemoglobien vervoer suurstof van die longe af na die liggaamsweefsels.
Aartappels 

Koolhidrate kom van graankos soos brood, asook aartappels, pasta, rys, piesangs, suikers, vrugte en blaargroente. Hul belangrikste funksie is om energie te verskaf.
Botter of margarien § Vette kom voor in sowel dier- as plantprodukte, veral rooi vleis, botter, melk, visolies, eiers, plantolies, neute en margarien. Hulle is ’n uitstekende bron van voedselenergie. Jou liggaam het ook vet nodig om dit teen hitteverlies te isoleer en om sekere organe soos die oë teen beserings te beskerm. Sekere dieetkundiges sê dis wensliker om die onversadigde vette in groente te gebruik as die versadigde vette in dierprodukte.
Rosyntjies met druiwe daaragter 

Minerale sluit in kalsium, magnesium en fosfor, wat noodsaaklik is vir die bene en tande. Kalsium is nodig om bloed te laat stol en dit kom van melk, melkprodukte en groen groente. Yster vervoer suurstof in die bloed en is nodig vir die behoorlike funksionering van die selle en spiere. Lewer, spinasie en rosyntjies is goeie bronne van yster.

Veselkosse § Vesel is daardie deel van die kos wat jy nie kan verteer nie. Dit is egter nodig vir jou ingewande om hul werk te doen. Dit sorg dat die voedingstowwe maklik deur die ingewande beweeg sodat dit geabsorbeer kan word. Veselryke voedselsoorte is groen en geel groente, vrugte, bruin rys, bone, lensies, volkoring en semels. ’n Gebrek aan vesel veroorsaak hardlywigheid, wat tot ingewandsiektes kan lei.

Kraan en glas water § Water is geen voedingstof nie, maar dit is noodsaaklik om te lewe. Die voedingstowwe in die kos wat jy eet, moet in water na die verskillende dele van jou liggaam vervoer word. Die chemiese reaksies wat voedingstowwe in jou liggaam in energie omskakel, kan slegs in water plaasvind. Jou liggaam het ook water nodig om afvalstowwe weg te voer.
Lemoene 

Daar is dertien vitamiene, waarvan vyf deur jou liggaam self vervaardig word. Vitamiene word in verskeie soorte kos gevind, veral groente en vrugte. Maar watter vitamiene kry ons meestal in welke voedsels en watter kwale kan deur ’n tekort aan elk veroorsaak word? In die volgende lysie word die vitamien se naam telkens in vet letters aangedui, die kosse in gewone letters en die siektes tussen hakies in kursiewe vet letters:

Vitamien A, wat nodig is vir goeie sig en gesonde tande en beendere, kom voor in vislewerolie, lewer, eiergeel, melk, botter, room, palmolie, patats en geel en groen groente, veral spinasie en broccoli. (Tekort veroorsaak nagblindheid; verdroging en verdikking van die oogbindvlies, wat tot blindheid kan lei; vel en slymvliese raak droog en skubberig. Kan ook ontwikkeling van siektes soos masels en malaria bevorder, asook diarree.)

Die vitamien B-kompleks bestaan uit verskillende water-oplosbare vitamiene. Van die belangrikstes is:
• Vitamien B: Droë suurdeeg, volgraan, vleis, peulgewasse (boont]ies, ertjies, ens.), aartappels. (Berrie-berrie, ’n siekte van veral die rysetende Oosterlinge – die naam kom van die Singalees “beri”, wat swakheid beteken.)
• Vitamien B2: Melk, lewer, vleis, eiers. (Inflammasie van en seervorming aan die vel, mond, oë en geslagsdele.)
• Niasien: Dieselfde voedsels wat vitamien B bevat. (Pellagra, waar die vel aangetas word soos met kwaai sonbrand, gepaard met verlies aan eetlus, hoofpyne en geïrriteerdheid.)
• Vitamien B6: Lewer, niere, droë brouersgis, volkoringbrood, graangewasse, eiers, vleis, vis. (Tekort veroorsaak geirriteerdheid en stuipe by babas.)

• Vitamien C, wat sterk beendere en tande bevorder en vir weefselmetabolisme nodig is, is te kry in sitrusvrugte, tamaties, rou kopkool, spruitkool, aartappels, aarbeie en, trouens, alle vars vrugte en groente. (Tekort veroorsaak skeurbuik, wat eenmaal so algemeen was onder matrose. Mense ontwikkel byvoorbeeld ’n vitamien C-tekort wanneer hulle slegs kosse soos roosterbrood, biltong en ingelegde groente eet en tee drink.)

• Vitamien D (die “sonskyn-vitamien”): Word in die vel geproduseer deur die ultraviolet strale van die son, vislewerolie. (Tekort veroorsaak ragitis, ’n kindersiekte wat die beendere aantas. ’n Tekort aan vitamien D word ook geassosieer met die vatbaarheid vir siektes soos tuberkulose, kanker, hoë bloeddruk, sklerose, chroniese pyn, depressie en skisofrenie.)

• Vitamien E: Plantaardige olies, koringkiem. blaargroente, eiergeel, peulgewasse (boontjies, ertjies, ens.) (Vroeë aftakeling van rooi bloedselle.)

• Vitamien K: Groen blaargroente. (Trae stolling van die bloed en soms kwaai bloeding.)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s