braaihoendertjies in ’n vyebad

braaihoendertjies in ’n vyebad

Dié resep laat my aan Prins Albert dink waar ’n koue bad of plons in ’n sementdammetjie lafenis teen die Karoohitte bied. Die inspirasie om gaar vleis in ’n marinade-bad te geur, kom van Maggie Beer se Maggie’s Kitchen. Ek span ook die vyebad in om die gaar braaihoender wat van die ­winkeldraaispit kom sy waardigheid terug te gee. Die geurbad is soos ’n agterstevoor-marinade: Jy laat baai die vleis daarin om die sappigheid wat dit tydens die gaarmaak verloor het, weer in te drink.

Vir die hoender het jy nodig:
* 1 skrophoender, hoender of 4 klein spatchcock-hoendertjies (poussins)
* 150g sagte botter
* 10ml elk: gekapte roosmaryn, tiemie en suurlemoenskil
* sout en peper

Só maak mens:
1. Vlinder ’n hoender: Sit die borskant op ’n houtplank en knip dit met ’n kombuisskêr oop aan albei kante van die rugbeen; druk dan met die palm van jou hand om die hoendertjie effens plat te druk.
2. Vryf ’n mengsel van botter en gekapte roosmaryn, tiemie en suurlemoenskil onder die vel en aan die buitekant van die hoendertjie in.
3. Nou sout en peper jy goed en braai dan die hoender oor die kole.

Vir die vyebad het jy nodig:
* 6 baie ryp vye (jy kan ook gedroogde vye gebruik; week in verjuice of water)
* 3 takkies roosmaryn
* sap en skil van 1 suurlemoen
* ½ koppie goeie olyfolie
* sout en peper

Só maak mens:
1. Sit die vye, roosmaryn, suurlemoenskil en olyfolie in ’n vlak skottel groot genoeg vir die gaar hoender.
2. As die hoender van die kole kom, sit dit borskant onderin die vyebad en los dit minstens 10min. daarin. 3. Bedien die hoender in sy vyebadsous met brood vir die opmop.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s