fudge

fudge

Donna se grondboontjiebotter-fudge

As jy mal is oor grondboontjiebotter sal jy dié sagte fudge verslind.

Bedien 8 tot 10
Jy het nodig:
. 150 g ongesoute botter, opgekap
. 80 ml room
. 1½ koppie (390 g) gladde grondboontjiebotter
. 5 ml vanieljegeursel
. 2½ koppies (400g) versiersuiker, gesif

So maak mens:
Voer ’n liggesmeerde vierkantige 20 cm-koekpan met kleefvrye bakpapier uit. Hou eenkant.
Plaas die botter, room, grondboontjiebotter en vanielje in ’n mediumkastrol oor matige hitte. Terwyl jy roer, laat kook tot die botter en grondboontjiebotter gesmelt het en die mengsel net begin kook.
Plaas die versiersuiker in ’n mengbak en gooi die grondboontjiebottermengsel bo-oor. Werk nou vinnig – meng dit goed deur en gooi in die voorbereide pan. Bedek met kleefvrye bakpapier, laat effens afkoel en hou in die yskas tot geset, verkieslik oornag. Sny in blokkies. Dit hou tot twee weke in die yskas.
Wenk: Om die fudge se bokant glad te kry, plaas kleefvrye bakpapier bo-op die fudge en druk ’n 18 cm- vierkantige koekpan bo-op.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s