Gerookte hoender en broccoli vleg broodjie

GEROOKTE HOENDER-EN BROCCOLI VLEG BROODJIE

1 pakkie winkeldeeg
1 eier geklits
koekmeel vir oppervlak – om deeg uit te rol

sprinkel die werkoppervlak met koekmeel
druk deeg plat in reghoek vorm, rol mooi egalig, en dun,
sny nou kepe, 1/3 van die oppervlak aan albei kante, vul met vulsel, vou toe, smeer eier, gooi kaas, bak..

VULSEL:
15ml groenteolie
15ml botter
1 ui gekap
250g gerookte hoender gekap
250g broccoli in blommetjies gebreek
30ml gekapte pietersielie
500ml gerasperde cheddar kaas

Metode:
Voor verhit die oond tot 180°C. 

Verhit die olie en botter in ‘n pan en soteer die ui vir 2 min tot sag. Voeg die hoender by en maak deurwarm. Voeg die broccoli by en roerbraai dit vir 2min. Haal dit van die plaat af en voeg die pietersielie by. laat effe afkoel. 
Voeg helfte van gerasperde kaas by. Skep die kaas en hoendermengsel in voorbereide deeg en vou toe. Klop die eier ,smeer jou broodjie. gooi ander helfte kaas oor, Bak dit in die oond vir 30min of tot goudbruin.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s