Paas bolletjies en kerrievis

Paas bolletjies en kerrievis

Paasbolletjies
(Die resep is aangepas van Magda­lene se oorspronklike resep)

Jy het nodig:
.450g (naastenby 3½ koppies) koekmeelblom
.25ml botter
.1 pakkie (8g) droë kitsgis
.125ml (½ koppie) suiker
.’n knypie sout
.15ml gemengde speserye of fyn kaneel
.10ml gerasperde lemoenskil
.2 eiers, geklop
.louwarm melk en/of water
.125ml (½koppie) rosyntjies

Só maak mens:
Sif die meel en vryf dan die botter met die vingerpunte in die meel in. Voeg die gis, suiker, sout en speserye by die meelmengsel en meng goed.
Roer die geklopte eiers by die meelmengsel in. Voeg soveel louwarm melk en/of water by as wat nodig is om ’n sagte deeg te vorm.
Knie die deeg sowat 20 minute lank tot glad en elasties. Plaas in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbel sy volume op ’n sonplekkie of toegedraai in ’n kombers.
Voeg die rosyntjies by die uitgerysde deeg en knie dit liggies af totdat die rosyntjies eweredig versprei is.
Verdeel die deeg in 16 bolletjies en plaas dit op ’n gesmeerde bakplaat. Bedek die bakplaat met kleefplastiek, plaas dit weer op ’n warm plek en laat die bolletjies rys tot dubbel hul grootte.
Verf elke bolletjie liggies met melk en sprinkel ’n bietjie suiker oor.
Magdalene sny sommer net ’n kruis bo-op elke bolletjie met ’n mes, maar jy kan ook ’n wit kruis opspuit. Meng 30ml meel en 30ml water, sit dit in ’n plastieksakkie, knip ’n hoek af en gebruik dit soos ’n miniatuur-spuitsakkie.
Bak die bolletjies in ’n voorverhitte oond teen 180°C tot gaar (sowat 15 minute).

Kerrievis

(Magdalene se oorspronklike resep maak minder sous as die aangepaste een hieronder. As jy ook ’n ietwat droër dis verkies, verminder bloot die hoeveelheid asyn, water en suiker)

Jy benodig:
.1 kg vars visfilette, in groterige stukke gesny (stokvis, snoek, kabeljou en geelstert werk almal lekker)
.genoeg koekmeelblom om die vis liggies te bedek
.125 ml sonneblomolie
.3 groot uie, in ringe gesny
.400ml bruinasyn
.300ml water
.ongeveer 60ml suiker
.5ml borrie
.10ml matige kerriepoeier
.5ml rissiepoeier
.5 lourierblare
.’n groot knypie elk van sout en “biryani mix”

Só maak mens:
As jy ’n sagter vis soos stokvis of snoek gebruik, rol eers die visstukke in die meel voordat jy dit oor matige hitte in die olie braai.
Plaas die gaar vis in ’n diep bak. Laat die uie, asyn en suiker vir sowat 15 minute prut totdat die uie glanserig raak.
Voeg nou die droë speserye by en laat die mengsel ’n verdere 15 minute prut (vir ekstra geur kan jy die speserye vooraf droogbraai tot aromaties).
Proe die mengsel en voeg nog suiker of asyn by na smaak.
Giet die warm sous oor die vis, bedek en laat vir minstens 24 uur in die yskas staan sodat die kerriegeur behoorlik in die vis kan intrek.
Bedien warm of koud saam met Paasbolletjies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s