Bruinpoeding

Bruinpoeding

Jy het nodig (vir 8-10 porsies):

2 eiers
1 eetlepel botter of margarien, gesmelt
1 eetlepel gouestroop
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 teelepel koeksoda
½ koppie melk

Vir die sous:

5 koppies water
1 teelepel vanieljegeursel
4 koppies suiker

Dan maak jy só:

Klits die eiers met ’n vurk in ’n middelslagbak.
Voeg die botter en stroop by en meng goed.
Voeg die meel, bakpoeier en sout by en roer deur.
Los die koeksoda op in die melk en voeg dit by die mengsel.
Gooi al die bestanddele vir die sous in ’n swart platboompot en laat dit kook.
Roer totdat die suiker gesmelt is.
Skuif die pot oor na matige kole sodat die sous nie te vinnig wegkook nie.
Skep die deeg lepel vir lepel in die sous en sit die deksel op.
Die oorspronklike resep sê ’n mens moet dit vir 1¾ uur oor lae hitte prut sonder om die deksel op te lig, maar ek kan nooit langer as ’n uur wag nie. (Ja, dit is na ’n uur al gaar.)
Die poeding word mooi bruin in die pot en smaak heerlik saam met vla of Ideal-melk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s