Sex in a pan

Sex in a Pan

ingredients

Crust

1 cup pecans, chopped

3 tbsp white sugar

1/2 cup butter

1 cup flour

Cream cheese layer

1 8 oz package cream cheese

1 cup powdered sugar (use 1/2 cup for less sweetness)

1 cup whipped cream or cool whip

Vanilla pudding

1 package of instant vanilla pudding (5.1 oz or 144 g)

3 cups milk (use 2 cups if you want a firmer pudding)

Chocolate Pudding

1 package of instant chocolate pudding (5.1 oz or 144 g)

3 cups milk (use 2 cups if you want a firmer pudding)

Last layer

2 cups whipped cream or cool whip

shaved chocolate

Directions:

Preheat oven to 350 F degrees.

Spray a 9×13 inch baking dish with cooking spray.

In a mixer mix all the crust ingredients together and press the mixture into the prepared baking dish.

Bake it for about 20 minutes.

Prepare the vanilla pudding as per the instructions on the package.

Prepare the chocolate pudding as per the instructions on the package.

In a mixer add the cream cheese, powdered sugar and the cup of whipped cream. Mix until light and fluffy.

Let the crust cool. Spread the cream cheese mixture over the crust evenly. Spread the chocolate pudding over the cream cheese, then the vanilla pudding. Top with the whipped cream and sprinkle with the chocolate.

Refrigerate for a couple hours so that it sets.

Melktert

Ouma se Soet Broskors Melktert

Soet broskors:
125g botter
125ml suiker
1 eier, liggies
geklits 500ml meel,
gesif 5ml bakpoeier
1ml sout

Verroom botter en suiker totdat mengsel lig en romerig is. Klop eier in, en roer dan droë bestandele by. Knie liggies. Plaas in Tupperware houer en seël. Verkoel vir ongeveer 20 minute. Rol uit en gebruik om 2 tertborde of 36 kolwyntjiepanne uit te voer. Verkoel om krimping te voorkom.
Prik bodem met ‘n vurk en bak blind by 200ºC vir 10-20 minute.

Wenk: Om blind te bak: voer die deegdoppe met verfrommelde waspapier uit en vul met droë bone. Bak vir 10 minute, lig papier uit, en bak vir verdere 5-10 minute totdat bodem van die dop mooi bruin is. Dit verseker dat die deeg nie onegalig uitpof nie en dat dit sy vorm behou.

Melktertvulsel:
1liter melk
45ml botter / margarine
3 eiers 100ml suiker
25 ml mielieblom
45ml vlapoeier
45ml meel
7ml vanielje kaneel om te besprinkle

Plaas die melk en botter in ‘n kastrol. Bring tot by kookpunt en verwyder van hitte. Klits eiers, suiker, mielieblom, vlapoeier, meel en vanielje en meng goed.
Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die mengsel en skud goed. Voeg mengsel by die warm melk en klits goed.
Plaas oor matige hitte en laat stadig kook totdat mengsel verdik. Roer aanhoudend.

Giet in gebakte tertdoppe.
Strooi kaneel oor.

Fudge

Kondensmelk Fudge

Die beste , flopvrye resep ooit, sal nooit weer ander een probeer nie… Sukses Fudge !!

400g suiker
45ml water
55ml botter
30ml gouestroop
1 blik kondensmelk
1 tl vanielje

Meng die suiker en water in ‘n swaarboomkastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Maak seker dat daar geen suikerkristalle teen die kant van die kastrol vassit nie. Indien dit wel gebeur, borsel dit af met ‘n kwassie wat in warm water gedoop is.
Voeg die botter en gouestroop by die suikerwater en roer dit totdat die botter gesmelt is. Voeg die kondensmelk by die mengsel en roer dit aanhoudend totdat dit kookpunt bereik.
Kook die mengsel ongeveer 25 min lank tot by die sagtebalstadium. Roer dit af en toe om aanbrand te voorkom.
Laat die mengsel afkoel totdat dit louwarm is en voeg die vanieljegeursel by. Klop die mengsel totdat dit dik en romerig is. Giet die suikermengsel in ‘n gesmeerde pannetjie.
Hou die kastrol skuins sodat die mengsel vrylik kan uitloop. Moet nie skud of die mengsel uitskraap nie, want dan kan dit versuiker. Laat die suiker mengsel in die pannetjie afkoel voordat dit in blokkies gesny word.

**Dit moet heeltemal koud wees voor dit gesny word, anders kan dit verbrokkel

Outydse Mosbolletjies

Outydse Mosbolletjies

Regte, egte outydse resep – maak seker jy het baie tyd vir die een!!!

500 g Rosyne (met pitte)
1.5 liter (6 koppies) Water
½ koekie gis (droog of saamgepers) of 7,5 ml ( ½ eetl) aktiewe droë gis
5 kg Witbroodmeelblom
500 g Botter of Margarien of 250 g elk Botter en Varkvet
Kookwater of Melk
1 liter (4 koppies) Suiker
15 ml (1 eetl) Sout
30 ml (2 eetl) Anyssaad

Glaseersel:

Geel van 1 Eier
Suiker
Melk

1. Stamp die rosyne stukkend en moenie die pitte verwyder nie. Kook rosyne 10 minute in water en laat afkoel tot louwarm.
2. Plaas rosyne in ‘n emaljekan of –emmertjie en voeg 125 ml ( ½ koppie) van die louwarm water, gemeng met die giskoekie, by. Roer goed en laat op ‘n warm plek staan tot die rosyne bo-op dryf. Dit sal 24 tot 36 uur duur.
3. Syg die vloeistof van die rosyne deur ‘n klam kaasdoek en gebruik dit vir die suurdeeg.
4. Roer 1 liter (4 koppies) witbroodmeelblom by die vloeistof tot dit glad is en laat sowat 3 tot 4 ure lank op ‘n warm plek staan of tot die suurdeeg goed gerys het.
5. Smelt die botter (of botter en vet) en voeg ‘n bietjie kookwater by.
6. Meng die orige broodmeelblom, suiker, sout, anyssaad, suurdeeg, botter en genoeg warm water om ‘n stywe deeg te vorm.
7. Knie die deeg baie goed, minstens ‘n uur lank, tot die klein lugblasies egalig daarin versprei het (sny ‘n stukkie van die deeg met ‘n mes af om te toets).
8. Maak dit goed toe en plaas oornag op ‘n warm plek.
9. Die volgende oggend sal die deeg dubbel die oorspronklike grootte wees. Moet dit nie afknie nie, maar vorm balletjies van die deeg en sit hulle teen mekaar in 6-8 groot, gesmeerde broodpanne.
10. Laat die balletjies op ‘n warm plek rys tot hulle in grootte verdubbel het.
11. Vir glaseersel, klits eiergeel met ‘n bietjie suiker en melk en smeer oor bolletjies. Bak sowat 1 uur lank by 200C (400F)

Watertand Lekker Hoenderpastei

750 ml witwyn
8 – 10 hoenderborsies, met vel
30 ml gekapte knoffel
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
200 g gekookte ham, in blokkies gesny (1 cm)
2 uie, grof gekap
250 g knopiesampioene, in dun skywe gesny
250 ml vars, gekapte pietersielie

Sous

250 g botter
250 ml koekmeelblom
500 ml hoenderaftreksel
250 ml aangesuurde room
500 ml melk

400 g blaardeeg, ontdooi en uitgerol
1 eier, geklits
Metode

Verhit die witwyn in ‘n kastrol. Voeg die hoender, knoffel, sout en peper by, bedek dit en laat dit prut vir 20 minute oor matige hitte. Haal die hoender uit en behou die aftreksel. Verwyder die vel en bene en breek die vleis in klein stukkies. Plaas die vleis in n mengbak, voeg die ham, uie, sampioene en pietersielie by en meng deeglik.

Sous

Smelt die botter in n kastrol en roer die koekmeelblom by. Voeg die hoenderaftreksel geleidelik by terwyl dit aanhoudend geroer word. Giet die aangesuurde room en die melk by en roer dit tot glad. Voeg die hoendervleismengsel by die sous en meng dit. Skep dit in n oondbak en bedek dit met die uitgerolde deeg. Verf die deeg met die geklitste eier. Bak die pastei 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen 200 grade en bedien dit met geelrys

Koekstruif (Trifle)

Koekstruif (Trifle)

1 sponskoek
1 pakkie rooi jellie
1 pakkie groen jellie
1 blik karamel kondensmelk
1 pakkie kersies – en room
1 groot houer Ultramel vla
1 groot blik gemenge vrugte
bietjie sjerrie
1 pakkie sprinkle neute
1 groot glasbak

Sny sponskoek in stukkies en gooi sjerrie oor. Bedek met lagie vla. Gooi helte van geblikte vrugte oor. Skep lepelsvol kondensmelk op.
Sny jellie in blokkies en gooi helfte oor. Skep lepelsvol kondensmelk oor. Sprinkel gekapte neute. Gooi nog ‘n laag vla, dan vrugte en jellie. Skep ‘n dun lagie room bo-op en versier met kersies en neute

MAKLIKE NAGEREG MET NET 3 BESTANDDELE

MAKLIKE NAGEREG MET NET 3 BESTANDDELE

3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies
250ml room (styfgeklop)

Pak tennisbeskuitjies onder in bak
Smeer jou 1ste laag poeding
Pak weer beskuitjies
Smeer 2de laag beskuitjies
Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding klaar is. Jy kan soveel lae pak soos jy wil
Sit in yskas vir tenminste 6 ure of oornag

Voor opdiening;
Smeer styfgeklopte room bo-op
Strooi flake stukkies oor, stukkies kersies, neute, klapper of sjokolade sous

Wenk:

Jy kan 3 verskillende kleure poeding gebruik bv vanilla, butterscotch en piesang. Dit sal die nagereg mooi laat vertoon