SOETSUUR KERRIE AFVAL

SOETSUUR KERRIE AFVAL: Olie, 5 uie, gekap, 5t matige kerriepoeier, 2t borrie, 2e suiker, 60ml bruinasyn, 2e appelkooskonfyt, 1t gekapte brandrissies, 1kg gaar afval( pens en pootjies, sowat 500ml water, 4 aartappels, geskil en in stukke gesny, sout en peper na smaak. METODE: Verhit n bietjie olie in n swartpot en braai die uie daarin tot sag. Voeg die kerrie en borrie by en meng deur. Meng die suiker, asyn, appelkooskonfyt en brandrissies en voeg by die uiemengsel. Meng goed. Voeg die afval, water en die aartappels by die mengsel. Geur met die sout en peper en laat prut sowat 30 minute tot die aartappels sag en die afval geurig is. Sit voor saam met stampmielies. WENK: KOOK AFVAL SO: Week die afval oornag in water. Voeg sowat 125ml asyn of suurlemoensap by. Kook die afval in water tot sag. Vervang die 2 keer in die kookproses met skoonwater.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s