Moer-in-n-pot Boeresop

Moer-in-Pot-Boeresop

1 kg lamskenkels of sopvleis (daar moet murgbene by wees)

2 uie, gekerf

groot pot water

Braai die uie in bietjie botter/olie/margarien. Sit die afgespoelde vleis by en braai. Giet water in die pot en 2 lourierblare (Bay Leaves). Kook die vleis tot sag. Voeg ‘n pak sopmengsel of droë ertjies by en kook verder tot sag. Giet weer water in pot as dit te min raak. ½ pak macaroni (opsioneel). Gooi dit in die pot en 4 Aartappels geskil ( 2 in blokkies gesny en 2 gerasper ) Sop raak dik. Sit water by en opgesnyde tamaties, en kopkool. Kook verder tot alles sag is. Geur met sout en witpeper en geniet.

Ns: Jy kan basies enigiets in jou pot sit soos, groenboontjies, blomkool, broccoli, kool, alles wat in die kas is wat bietjies is soos: rys, koring, gort en selfs tapioka. Dan het jy ‘n baie voedsame pot sop. Jy kan dit vries in 1kg margarien bakkies en as jy dan daarvan uithaal om gaar te maak, sit jy net ½ bak water by en kook dit deur. Hiermee bedien jy lekker gesmeerde brood wat baie magies gaan volmaak.

Advertisements

Bar-One Kaaskoek

Ingredients

• 11/2 pakkie semelkoekies

• 150 ml gesmelte botter Vulsel

• 15 ml gelatien

• 250 ml room

• 2 x 230 g-bakkies roomkaas

• 115 ml (100 g) strooisuiker

• 2 x 55 g-Bar-One-sjokoladestafies, gekap, plus ekstra vir versiering

• kakaopoeier om oor te sif

Method

1 Druk die semelkoekies fyn. Gooi die gesmelte botter by en meng dit goed. Druk die mengsel teen die bodem en kante van ’n 22 cm-losboompan vas. Bedek met kleef-plastiek en sit solank in die yskas.

2 Vulsel Gooi 30 ml water oor die gelatien. Laat dit uitswel en verhit dit dan vir ’n paar minute in die mikrogolfoond tot gesmelt. Laat eenkant afkoel.

3 Klits die room styf. Klop die roomkaas en strooisuiker saam. Vou die room by die roomkaas-mengsel in. Meng nou ’n bietjie van die roomkaasmengsel by die gelatienmengsel in. Roer goed en voeg dan by die res van die roomkaasmengsel. Meng goed. Roer die gekapte sjokoladestafies by. Gooi die vulsel in die bereide tertdop. Sit in die yskas om te stol.

4 Pak stukkies Bar-One op die koek en sif kakaopoeier oor. Sny met ’n warm mes in wiggies.

Bruinpoeding sonder eiers

BRUINPOEDING SONDER EIERS 

3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer
in. Sif meel en sout in en meng deeglik.

STROOP:
Kook 3 kop suiker,
6 kop kookwater,
1 eetl gouestroop en
1 eetl botter
in ‘n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

WIT SJOKOLADE HAZELNEUT KOEK SONDER EIERS

Hierdie resep het ontstaan toe ek `n soetigheidjie moes vat na `n braai toe, ek was al so moeg vir die gewone ou poedings en het toe met die resep vorendag gekom. Mense wat nie poeding eet nie, het gevra vir `n tweede skeppie.

(Genoeg vir 1 oondpankoek of ’n hoë 20 cm-koek)
Bêremengsel Bestanddele:
750 ml (3 k) koekmeelblom;
20 ml (4 t) bakpoeier;
375-500 ml (1½-2 k) witsuiker;
5 ml (1 t) koeksoda;
80 ml (⅓ k) kakao en ’n knippie sout

Koek:
1 x basiese bêremengsel;
500 ml (2 k) kookwater;
250 ml (1 k) olie;
10 ml (2 t) vanieljegeursel;
50 ml witasyn

Sif die droë bestanddele saam, meng die vloeistof gelydelik by, klits met `n elektriese menger tot lig en sponserig. Smeer `n vuurvaste skottel of oondpan, plaas koekmengsel in skottel. Bak vir 25 – 30 minute teen 180ºC.

Sous:
1 ½ bakkies vars room
1 plak 200g Hazelneut Sjokolade

Metode:Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt het. Skep die neute met `n teelepel uit en hou eenkant. Gooi oor koek wanneer uit die oond kom, druk met `n vurk gaaitjies sodat dit egalig kan versprei.

Wit Sjokolade Versiersel:
1 ½ Bakkies vars room (375ml)
300g Wit sjokolade (1 x 200g plak & 1 x 100g plak)

Metode:Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt is. Sit in vrieskas vir 20 minute en dan in die yskas vir 15 minute. Wanneer mengsel yskoud is, klop met `n elektriese menger tot stywe punt stadium (passop vir te vinnig klits, dit kan skif). Versier die koek met die wit sjokolade versiersel. Gebruik whispers of flake om te versier. Aarbeie of kersies kan ook gebruik word. `n Lekker variasies is om mint sjokolade te gebruik om te versier.

Eggless Ginger Biscuits

Ingredients

• 1 cup white sugar
• 1 cup shortening
• 1 cup dark molasses
• 2 teaspoons baking soda
• 1 teaspoon ground ginger
• 1 teaspoon ground cinnamon
• 4 cups all-purpose flour

Directions
1. Preheat oven to 425 degrees F (220 degrees C). Lightly grease cookie sheets.
2. In a large bowl, cream together the sugar and shortening until smooth. Stir in the molasses. Combine the baking soda, ginger,cinnamon and 3 3/4 cups of the flour; blend into the molasses mixture. Add more flour if necessary to make dough stiff enough to roll out. Use remaining flour to dust rolling surface. Roll dough out to 1/4 inch thickness and cut with cookie cutters.
3. Bake for 5 to 7 minutes in the preheated oven. remove from baking sheets to cool on wire racks.