EIERVRY PLAATKOEKIES  

Maak: 20 plaatkoekies
• 375 ml (210 g) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 15 ml suiker
• 335 ml melk
• 5 ml witasyn• 60 ml gesmelte botter
• sonneblomolie vir braai
• roomkaas of dik room
• heuning en kaneel om voor te sit

1 Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ’n groot mengbak.
2 Meng die melk, witasyn en gesmelte botter saam in ’n aparte mengbak.
3 Roer die vloeistof en droë bestanddele bymekaar tot goed gemeng. Bak dadelik die plaatkoekies.
4 Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan.
5 Skep lepels vol van die mengsel in die pan. Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant. Skep dit met ’n eierspaan uit en laat dit eenkant afkoel.
6 Sit die plaatkoekies voor met ’n lepel vol roomkaas of dik room bo-oor en rond dit af met heuning en kaneel.
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s