WIT SJOKOLADE HAZELNEUT KOEK SONDER EIERS

Hierdie resep het ontstaan toe ek `n soetigheidjie moes vat na `n braai toe, ek was al so moeg vir die gewone ou poedings en het toe met die resep vorendag gekom. Mense wat nie poeding eet nie, het gevra vir `n tweede skeppie.

(Genoeg vir 1 oondpankoek of ’n hoë 20 cm-koek)
Bêremengsel Bestanddele:
750 ml (3 k) koekmeelblom;
20 ml (4 t) bakpoeier;
375-500 ml (1½-2 k) witsuiker;
5 ml (1 t) koeksoda;
80 ml (⅓ k) kakao en ’n knippie sout

Koek:
1 x basiese bêremengsel;
500 ml (2 k) kookwater;
250 ml (1 k) olie;
10 ml (2 t) vanieljegeursel;
50 ml witasyn

Sif die droë bestanddele saam, meng die vloeistof gelydelik by, klits met `n elektriese menger tot lig en sponserig. Smeer `n vuurvaste skottel of oondpan, plaas koekmengsel in skottel. Bak vir 25 – 30 minute teen 180ºC.

Sous:
1 ½ bakkies vars room
1 plak 200g Hazelneut Sjokolade

Metode:Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt het. Skep die neute met `n teelepel uit en hou eenkant. Gooi oor koek wanneer uit die oond kom, druk met `n vurk gaaitjies sodat dit egalig kan versprei.

Wit Sjokolade Versiersel:
1 ½ Bakkies vars room (375ml)
300g Wit sjokolade (1 x 200g plak & 1 x 100g plak)

Metode:Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt is. Sit in vrieskas vir 20 minute en dan in die yskas vir 15 minute. Wanneer mengsel yskoud is, klop met `n elektriese menger tot stywe punt stadium (passop vir te vinnig klits, dit kan skif). Versier die koek met die wit sjokolade versiersel. Gebruik whispers of flake om te versier. Aarbeie of kersies kan ook gebruik word. `n Lekker variasies is om mint sjokolade te gebruik om te versier.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s