Doughnuts

(24 doughnuts)

140 g (250 ml) koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml vanieljegeursel
30 ml kanola-olie
2 eiers, geskei
150 ml melk
30 ml heuning
55 g (125 ml) strooisuiker
20 ml kaneel
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in middelslagmengbak. Meng vanielje, olie, eiergele, melk en heuning saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed met houtlepel. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Vou by mengsel in. Verhit doughnut-pan tot warm. Spuit goed met kleefwerende kossproei.Skep lepels vol van beslag in die pan en braai tot goudbruin en bros, sowat 3 – 5 minute. Meng strooisuiker en kaneel saam. Rol warm doughnuts in suikermengsel. Sit voor met jogurt van jou keuse.

Wenk
As jy nie ’n doughnut-pan het nie, kan jy die oond verhit tot 220 ˚C. Plaas ’n standaard-muffinpan daarin en maak warm vir 10 minute. Verwyder uit oond en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep dan 2 lepels van die beslag in elk van die 12 holtes van die pan en bak vir 5 – 8 minute.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s