Lemmetjietertjies

Lemmetjietertjies

Resep Bestanddele

150 g volgraanbeskuitjies
75 g botter, gesmelt
350 ml dubbeldik room
385 g-blik kondensmelk
fyngerasperde skil en sap van 5 lemmetjies
12 sagte lemmetjielekkers of jellieboontjies, vir versiering (opsioneel)

Resep Aanwysings

Blits die beskuitjies in ’n voedselverwerker of plaas dit in ’n plastieksak en kap dit met ’n koekroller totdat dit soos broodkrummels lyk. Meng die krummels met die gesmelte botter in ’n middelslagbak. Sit 12 papierdoppies in ’n muffinpan en druk die krummels op die bodem van elke doppie vas.
Klop 300 ml van die room in ’n groot bak tot sagtepuntstadium. Roer die kondensmelk en lem- metjieskil en -sap by. Skep dit in die papierdoppies en verkoel vir 2 uur.
Klop die orige room tot- dat sagte punte vorm, skep ’n bietjie op elke tertjie en versier met lekkergoed as jy wil.

Leave a comment